Geniet 'n wegbreek vakansie by Bosveld Oase op ons 40 hektaar plaas waar jy 'n verskeidenheid aktiwiteite het om te doen.

Daar is iets vir almal om te doen, vir die gene wat voël kyk geniet is daar 'n unieke voëllewe wat julle kan aanskou as ook ons ander verskillende wild spesies, “Catch & Release” hengel is beskikbaar vir die manne wat langs die dam wil sit en ontspan of selfs die kinders bietjie wys wil maak.

'n Sprankelende koue water swembad waar die kinders in kan baljaar as ook 'n water glybaan is beskikbaar vir gebruik, Mamma kan lekker onder een van die koelte bome lê en ontspan met 'n lekker boek in die hand terwyl die kinders lekker speel. 'n Onderdak verhitte swembad is ook beskikbaar.

Bring die kinders se fietse saam, selfs jou eie vir 'n bietjie oefening en ontspanning. Stap of draf deur die park op die grond pad.

DSTV beskikbaar vir rugbywedstryde

Daar is iets vir almal om te doen, of julle 'n paartjie is wat wil wegbreek, 'n gesin wat bietjie familie tyd nodig het of 'n groep is wat wil vakansie hou saam op een plek, hier by Bosveld Oase sal julle die tydtjie geniet

n Verskeidenheid van akkommodasie opsies is beskikbaar om van te kies dit sluit in kamer komplekse, chalet, kamp en karavaan.

  • Kouewater swembad
  • 10m Hoë, 100m lank Supertube
  • Twin Racer Glybane
  • Winkel
  • Onspannings saal met pool tafels en tafel tennis
  • Parkie vir kinders
  • Warmwater onderdak Swembad
  • Opelug verhitte swembad
  • Sprinklerpark
  • 9-gat Putt-Putt baan
  • TV (Sport)

Oord Tipe:

Game Park
Wildtuin Oord

Oord Akkommodasie:

Motorhomes Welcome
Motorwoonwa staanplek
Stands for Caravans
Woonwa staanplek
Self-Catering Accommodation
Selfsorg
Stands for Tents
Tent staanplek

Resort Facility Symbols:

Stands with 220 volt mains
Staanplekke met 220v Krag
Ablutions with hot and cold-water
Waskamers met warm en koue water
Braai facillities
Braaifasiliteite
Water points close to sites
Waterpunte naby staanplekke
No dogs Allowed
Geen honde toegelaat nie
Swimming pool
Swembad
Wheelchair friendly
Rolstoel vriendelik