DESEMBER BESPREKING NOU OOP!!!
KONTAK SLEGS PER EPOS
info@bosveldoasebrits.co.za

COVID 19 Virus Verklaring

Na deeglike samesprekings met die nodige kundiges, is daar besluit om normal voort te gaan met alle besprekings en oord-aktiwiteite. Indien daar enige verandering of verklarings vanaf die  Departement of Regering uitgereik word met betrekking tot publieke oorde, sal die nodige kennisgewings en inligting op ons webblad geplaas word. Instussen kano ns u verseker dat u gemoedsrus vir ons belangrik is.

By Voorbaat Dankie

Kom geniet 'n unieke Afrika-bosveldervaring by Bosveld Oase

Slegs 15min se ry van Brits in die stil, uit-sonderlike en intieme bosveld omgewing van die Mamogaleskraal lê Bosveld Oase. ‘n Karavaanpark met 'n verskeidenheid van verskillende akkommodasie opsies om van te kies en aktiwiteite om almal besig te hou.

Bosveld Oase bied 'n unieke Afrika bosveld ervaring met moderne geriewe en goeie diens van ons personeel, 'n plek wat jy en die gesin kan geniet. 111 ruim en aantreklike karavaan en kamp staanplekke, Chalets en 7 en-suite kamer kompleks is beskikbaar.

Hierdie malaria-vrye bestemming is die tuiste vir 'n verskeidenheid van voëllewe en 5 verskillende wild spesies. Kom geniet en ontspan, breek weg van jou besige stad lewe en weet dat wanneer jy terug keer huis toe gaan jy wonderlik voel selfs na net 'n naweek wat jy by ons spandeer het op ons 40 Hektaar plaas.

Ons is nie gedurende die week oop nie, behalwe skoolvakansies en langnaweke.

Dagbesoekers welkom op vooraf bespreking:

Dagbesoekers het net toegang tot die waterpark wat die volgende fasiliteite insluit: Supertube, Twinracer park, Sprinkler park, Groot swembad, Putt-putt baan en braai-area met kiosk.
 
Bosveld Oase
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za