Algemene Reëls:

  • Geen musiek of geraas toegelaat. Daar moet asb stilte wees na 22:00 (10 nm) in die aand
  • Neem asseblief die mede kampeerders in ag ten alle tye!
  • Die eienaar / bestuur behou die reg voor om ongewensde gedrag aan te spreek en indien nodig, die persone van die perseel te verbied sonder om enige betalings terug te gee.
  • Geen rook word in geboue en in die ablusieblokke toegelaat nie.
  • Ouers moet asseblief seker maak dat hul kinders bewus is van al die reëls en dit toepas!
  • Geen rommel word toegelaat nie – Vullisdromme word voorsien.
  • Geen eet- of drinkgoed word in of naby die swembaddens toegelaat nie.
  • Daar mag nie geduik of inspringery wees by die onderdak verhitte swembad nie.
  • Die klein-onderdak swembad by die kamer-eenheid is alleenlik vir die gebruik van die groep wat in die kamers bly.
  • Geen persoon mag in die swembaddens tussen 10 uur die aand en 6 uur die oggend wees nie, chemikalieë word in die swembaddens gegooi.
  • Gebruik asb die braaiers wat voorsien word vir die maak van vuur.
  • GEEN KONKAS WORD TOEGELAAT NIE.
  • GEEN: MUSIEK, TROETELDIERE (van enige aard), HUBBLY BUBBLY, WORD NIE TOEGELAAT NIE.
  • Die natuur asook die bome mag nie beskadig word nie. Geen hout mag in die veld opgetel word nie.
  • Hout te koop in winkel.
  • SLEGS die park se voertuie word toegelaat om deur die veld te ry. U is welkom om te gaan stap, draf of fiets te ry in die veld.
  • Die diere mag glad nie gevoer, gehinder, seergemaak of gejaag word nie.
  • Slegs “catch & release” (vang-en-laat-gaan) visvang word toegelaat.
  • GEEN parkering op die grasperke nie, behalwe by die kampeerplek. GLAD NIE by die dam nie!
  • Hou asb by die spoedgrens van 15 km/h vir kinders en wild se veiligheid.
  • Geen swaarvoertuie of enige 2, 3 of 4-wiel motorfietse, golfkarretjies word toegelaat nie.
  • Trapfietse is welkom.
  • Geen motors mag gewas word in die park nie.
  • Geen soliede grondseile word toegelaat nie.
  • GEEN GESPELERY in die ablusieblokke nie.

Swembad Reëls:

  • Geen glase of glas bottels word toegelaat in of naby die swembad nie.
  • Daar mag nie gehardloop, gespeel, geduik of in spring by die onderdak verhitte swembad wees nie.
  • Geen eet of drinkgoed in of naby enige swembaddens toegelaat nie.
  • Die klein onder dak swembad by die kamer kompleks is slegs vir die gebruik van die groep wat in die kamers bly.
  • Geen persoon mag in die swembaddens wees tussen 10 uur in die aand en 06:00 in die oggende nie. Die tye is vir die skoon maak en chemikalieë proses wat in die swembaddens gegooi word.

Kansellasie Beleid vir elke kampplek/selfsorgeenheid:

  • 30 dae en langer, verbeur u 50 % van deposito, minder as 30 dae voor aankoms verbeur u 100% van deposito.
  • 100% van totale betaling word verbeur indien u kanselleer, 14 dae en minder voor aankoms.
  • Geen verskuiwings word toegelaat nie. (Naweke en Skoolvakansies).

Belangrike Informasie

Die eienaar/opsigter behou die reg om ongewensde gedrag aan te spreek en indien nodig die persoon van die perseel te verbied sonder om enige betalings terug te gee

Vir veiligheid word die oord se hekke om 19:00 (7nm) gesluit tot 07:00 (7am) die volgende oggend. Bel ons indien daar 'n noodgeval of spesiale reëling getref moet word – 072 215 2114

Vrywaring: Enige persoon wat hierdie oord betree en / of deelneem aan enige aktiwiteit / vermaak wat aangebied word doen dit volkome op sy / haar eie risiko. Die eienaar / bestuur van Bosveld Oase aanvaar geen verantwoordelikheid vir sterfgevalle, verliese of beserings van enige aard, wat voortspruit, as gevolg van ‘n direkte of indirekte oorsaak , uit die deelname / gebruik van enige fasiliteite / aktiwiteite / vermaak wat deur die oord aangebied word.
Geniet die verblyf. Rapporteer asb persone / kinders wat nie die reëls nakom nie.

Vir enige klagtes epos die eienaar direk.

 
Bosveld Oase