Die eienaar/opsigter behou die reg om ongewensde gedrag aan te spreek en indien nodig die persoon van die perseel te verbied sonder om enige betalings terug te gee
Vir veiligheid word die oord se hekke om 19:00 (7nm) gesluit tot 07:00 (7am) die volgende oggend. Bel ons indien daar 'n noodgeval of spesiale reëling getref moet word – 012 943 6290
Vrywaring: Enige persoon wat hierdie oord betree en / of deelneem aan enige aktiwiteit / vermaak wat aangebied word doen dit volkome op sy / haar eie risiko. Die eienaar / bestuur van Bosveld Oase aanvaar geen verantwoordelikheid vir sterfgevalle, verliese of beserings van enige aard, wat voortspruit, as gevolg van ‘n direkte of indirekte oorsaak , uit die deelname / gebruik van enige fasiliteite / aktiwiteite / vermaak wat deur die oord aangebied word.
Geniet die verblyf. Rapporteer asb persone / kinders wat nie die reëls nakom nie.
Vir enige klagtes epos die eienaar direk.