Geniet 'n wegbreek vakansie by Bosveld Oase op ons 40 hektaar plaas waar jy 'n verskeidenheid aktiwiteite het om te doen.
Daar is iets vir almal om te doen, vir diegene wat voël kyk geniet is daar 'n unieke voëllewe wat julle kan aanskou asook ons ander verskillende wild spesies, “Catch & Release” hengel is beskikbaar vir die manne wat langs die dam wil sit en ontspan of selfs die kinders bietjie wys wil maak.
'n Sprankelende koue water swembad waar die kinders in kan baljaar asook 'n water glybaan is beskikbaar vir gebruik, Mamma kan lekker onder een van die koelte bome lê en ontspan met 'n lekker boek in die hand terwyl die kinders lekker speel. 'n Onderdak verhitte swembad is ook beskikbaar.
Daar is ‘n Lapa geleë in die waterpark met sy eie persoonlike braai area wat gehuur kan word vir partytjies, familie byeenkomste of spesiale geleenthede. Maak asb seker om jou eie verlengingskoord te bring aangesien die naaste kragpunt 70 meter van die lapa is. Lapa kan slegs gehuur word op vooraf besprekings. Kontak gerus die Kantoor vir pryse asook verdere inligting. Dagbesoekers tariewe geld nog saam met die bespreking van die Lapa.
Bring die kinders se fietse saam, selfs jou eie vir 'n bietjie oefening en ontspanning. Stap of draf deur die park op die grond pad.
Daar is ‘n apparte wildskamp naby die verhitte swembad waar wild gevoer word en deur kampeerders besigtig kan word vanaf die kampterrein. Navrae oor voer tye kan by Kantoor gedoen word.
DSTV beskikbaar vir rugbywedstryde in die Gamesroom
Daar is iets vir almal om te doen, of julle 'n paartjie is wat wil wegbreek, 'n gesin wat bietjie familie tyd nodig het of 'n groep is wat wil vakansie hou saam op een plek, hier by Bosveld Oase sal julle die tydtjie geniet.